Airbus A400M Atlas

Airbus A400M Atlas
'n Duitse Lugmag A400M in vlug.
Tipe Vragvliegtuig
Vervaardiger Airbus
Nooiensvlug 11 Desember 2009[1]
Bekendstelling 2013
Status In diens
Hoofgebruikers Duitse Lugmag
Franse Lugmag
Spaanse Lugmag
Britse Lugmag
Vervaardig 2007 tot tans
Aantal gebou 112 (September 2022)
Eenheidskoste 152,4 miljoen[2]
Die A400M (2de van onder) en ander vragvliegtuie wat dit sal vervang of aanvul, van bo die C-160, C-130, C-130J-30 en die C-17.

Die Airbus A400M Atlas[3][4] is 'n Europese viermotorige turboskroef militêre vragvliegtuig.

Dit is deur Airbus Military (tans Airbus Defence and Space) ontwerp as 'n taktiese vragvliegtuig met strategiese vermoë om ouer vragvliegtuie soos die Transall C-160 en C-130 Hercules te vervang.[5] In terme van sy grote pas die A400M tussen die C-130 en die Boeing C-17 Globemaster III in; dit kan swaarder vragte dra as die C-130 en kan ook op ruwe (onvoorbereide) aanloopbane land. Tesame met sy vragvliegtuigrol kan dit ook gebruik word vir invlughervulling en mediese afvoer indien dit toegerus is met die nodige toerusting.

Die A400M se nooiensvlug, wat oorspronklik vir 2008 beplan was, het op 11 Desember 2009 vanaf Sevilla-lughawe, Spanje, plaasgevind. Tussen 2009 en 2010 het die A400M kansellasie in die gesig gestaar as gevolg van ontwikkelingsprogramvertragings en koste-oorskryding; die lande wat klante is, het egter gekies om hul ondersteuning vir die projek te behou. Altesaam 174 A400M-vliegtuie is teen Julie 2011 deur agt lande bestel. In Maart 2013 het die A400M sertifisering van die Europese Lugvaartveiligheidsagentskap (EASA) verkry. Die eerste vliegtuig is in Augustus 2013 aan die Franse Lugmag gelewer.

  1. "Updated- Pictures & Video: Airbus celebrates as A400M gets airborne". Flight International. 11 Desember 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2009.
  2. "Projet de loi de finances pour 2014 : Défense : équipement des forces" (in Frans). Senate of France. 21 November 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 14 Januarie 2020.
  3. "A400M naming ceremony at RIAT." Geargiveer 17 Desember 2013 op Wayback Machine Airbus Military, 6 Julie 2012.
  4. Hoyle, Craig. "RIAT: A400M reborn as 'Atlas'." Geargiveer 17 Desember 2013 op Wayback Machine Flightglobal 6 Julie 2012.
  5. "RAF – A400m." Geargiveer 30 April 2009 op Wayback Machine RAF, MOD. URL besoek op 15 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search